Plasings

Sanddrif ervaring

Prent
 Elke jaar doen ons dit! Ons gesin het begin in 1941, die vyf van ons  en ons eggenotes kom elke jaar by mekaar vir 'n paar dae.  2019 De Hoop naby Bredasdorp 2020 Rocherpan aan die Weskus anderkant Dwarskersbos 2021 Struisbaai Nou vir 2022 by die wonderlike Sanddrif  in die pragtige Sederberge.  Kies op die dae en kry die fotos. Dan ook 'n Sederberg storie om af  te rond En toe gaan die maan onder oorkant die berg naby Citrusdal en die ou oom kyk na ons!

Maandag en Dinsdag

Prent
  Op pad daarheen by Desert Rose, Koringberg en De Tol, Citrusdal Hier bak en brou jy in ponde en onse Oor berge en deur dale, so mooi! En pasop vir die kwaai dierasies! Sodukoe kom altyd eerste! Die Groothuis en die mooiste plek!

Woensdag

Prent
Die Stadsaal grotte En die ou mense het eeue gelede hul kunswerke hier kom doen! Vensterklip! Die tweeling stoom net voort na sewe-en-sewentig jare! Groet die grotvrou! So lyk die mooier gedeelte van die familie  

Donderdag en Vrydag

Prent
En nou die verskriklike Wolfberg Krake! Almal gee moed op maar die twee byt vas soos altyd en daar gaan hulle! Sederberg Wynplaas: Uniek en so mooi! Die beroemde kraak! Hulle hou ons dop, die kwaai Rooi Gode! Groothuis, hemels! En die familie, al sedert 1941 op aarde Hier proe ons die wonderlike wyne! Die ontvangskantoor, WiFi bron en winkel Op pad huistoe, Porterville. En naby Wellington die oulikste koffie plekkie! Aan die einde van 'n wonderlike week!